
=====================================================================
Regering en Taalklousule (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Regering en Taalklousule

  Theo du Plessis vra of regeringsinstansies hul verpligtinge ten opsigte van die land en die provinsies se taalbeleid nakom. KOM die 
regering sy verantwoordelikheid rondom die implementering van die Taalklousule (Artikel 6 van die Grondwet) na? Rel en monitor die 
nasionale en provinsiale regerings byvoorbeeld hul gebruik van amptelike tale deur wetgewende en ander maatrels, soos wat Artikel 6(4) 
voorskryf? Tref die staat byvoorbeeld praktiese en daadwerklike maatrels om die status van die histories ingekorte inheemse tale te 
verhoog en hulle gebruik te bevorder, soos wat Artikel 6(2) voorskryf?

Die persepsie wat vermoedelik by die meeste waarnemers van die taalsituasie in Suid-Afrika leef, is dat die regering waarskynlik tot nog 
toe nie sy verantwoordelikheid nagekom het nie. Ons merk dit by die gebrek aan taalwetgewing op nasionale n provinsiale regeringsvlak, 
terwyl dit juis is wat die nuwe Taalklousule vereis.

Die inventaris van primre taalwetgewing* wat sedert 1994 deurgevoer is, lyk soos volg:

* Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Wet 59 van 1995, soos gewysig)
* Taal in onderwys-beleid (Regeringskennisgewing 383, Band 17997 van 1996)
* Norme en standaarde met betrekking tot taalbeleid (Regeringskennisgewing 383,
* Band 17997 van 1996)
* Erkenning en oprigting van Provinsiale Taalkomitees (Raadskennisgewing 120 van
* 1997)
* Erkenning en oprigting van Taalliggame (Raadskennisgewing 121 van 1997)
* Wes-Kaapse Provinsiale Taalwet (Provinsiale Wet 13 van 1998)
* Wet op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name (Wet 118 van 1998)

'n Mens sal moet toegee dat hierdie lysie nou nie juis inspirerend is nie. Die belangrikste sektore waarvoor taalwetgewing ontwikkel moet 
word, is die staatsadministrasie, onderwys en die regswese. Hiervan het slegs die onderwys al 'n eerste stap gedoen om taalwetgewing te 
begin ontwikkel. Norme en standaarde vir 'n taalbeleid ontbreek ten opsigte van die staatsadminstrasie en ook vir die regswese. (Vandaar 
dat daar tans so in die duister rondgetas word rondom 'n toepaslike taalbeleid vir laasgenoemde.)

Slegs die Wes-Kaap het al 'n eerste stap gedoen in die rigting van taalwetgewing. Ook hier bestaan dus 'n groot leemte.

Laastens is nog geen stappe gedoen om norme en standaarde vir taalbeleid op plaaslike regeringsvlak te ontwikkel nie. Hierdie leemte is 
onlangs by 'n nasionale kongres van die SvA oor taalbeleid vir munisipaliteite deeglik onder die loep geneem.

Lees 'n mens die grondwetlike bepalings rondom taal noukeurig, blyk dit dat ons nou in 'n nuwe taalbestel beweeg waarin hierdie bepalings 
verder uitgebou moet word deur middel van primre en sekondre taalwetgewing. Die bepalings in Artikel 6 (en ander) vorm dus die 
vertrekpunte en verteenwoordig nie as sodanig die taalbeleid nie. Norme en standaarde moet ontwikkel en gepubliseer word, regulasies moet 
bepaalde aspekte verder voer ensovoorts. Hierdie taak berus primr by die staat.

Die twee instansies wat verantwoordelik is vir taal en wat die saak van taalwetgewing dus behoort te dryf, is die Nasionale Taaldiens (NTD) 
van die Departement Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie (DKKWT) en die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT). Die NTD is die sogenaamde 
lynfunksiedepartement vir taal en is derhalwe verantwoordelik vir die deurvoer en kordinering van taalwetgewing. Pansat is verantwoordelik 
vir advies rondom die ontwikkeling van taalwetgewing en vir die monitering daarvan.

Taakgroep vir daarstel van norme

  Ten einde uitvoering te gee aan sy taalmandaat het die NTD gedurende 1995 'n taakgroep opgerig om 'n taalplan vir Suid-Afrika te 
ontwikkel (wat dus as vertrekpunt sou kon dien vir die daarstel van norme en standaarde vir taalbeleid). Hierdie taakgroep (LANGTAG) het 
gedurende 1996 haar bevindinge in verslagvorm gepubliseer (DACST 1996). Die betrokke instansie beoog om gedurende 1999 die aanbevelings van 
hierdie verslag te implementeer as "(s)trategie en maatrels ter bevordering van veeltaligheid" (DACST 1998: 25).

Hierdie intensie vind neerslag in twee belangrike dokumente wat reeds sedert 1998 die rondte doen maar wat vroeg in 1999 op selektiewe wyse 
aan taalrolspelers beskikbaar gestel word, te wete die Draft White Paper on Language (DACST 1999a) en die Language Plan for South Africa. 
The Promotion and Implementation of Multilingualism (DACST 1999b). Laasgenoemde twee dokumente verteenwoordig 'n eerste konkrete poging om 
norme en standaarde te ontwikkel vir taalbeleid in Suid-Afrika en ook om nasionale prioriteite daar te stel.

PANSAT het ongelukkig nog nie begin om uitvoering te gee aan sy mandaat om advies te gee oor taalwetgewing nie. Wel het PANSAT in sy 
jongste jaarverslag 'n breedlopende besprekingsdokument oor die bevordering van veeltaligheid gepubliseer en ook verslag gedoen oor 
beweerde skendings van taalregte (PANSALB 1999). Dis nie duidelik wat PANSAT nog rondom sy mandaat met betrekking tot taalwetgewing beplan 
nie.

'n Derde staatsinstansie wat waarskynlik ook 'n bepaalde mandaat rondom taal en taalwetgewing sal kry, is die te stigte Kommissie vir die 
Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Religieuse en Linguistiese Gemeenskappe (die Kommissie). Uit 'n verslag wat teen die 
einde van 1998 rondom die Kommissie verskyn het, blyk dat daar nog heelwat bespreking moet plaasvind om hierdie instansie se mandaat 
duidelik te formuleer en om duplisering met betrekking tot die mandate van ander instansies, soos byvoorbeeld PANSAT, onder die loep te 
neem (vgl. HSRC 1998).

Op die basis van hierdie kriptiese oorsig sou ons as gevolg van die afwesigheid in hierdie stadium van nasionale norme en standaarde vir 
taalbeleid wat in taalwetgewing beskryf word, kon bevind dat die regering waarskynlik nie sy mandaat rondom taal na behore nakom nie. 
Eenvoudig gestel, kom dit daarop neer dat die gemiddelde staatsamptenaar, op wie se skouers die verantwoordelikheid rus om eintlik daagliks 
die taalbeleid toe te pas, in werklikheid nie weet wat hom of haar te doen staan nie. Onder die ou bestel was dit maklik. In wit Suid-
Afrika moes alles op 'n 50/50-basis gehanteer word; dieselfde reling het grootliks ook vir die swart gebiede gegeld. Die vorige 
taalklousule was dus aansienlik makliker om toe te pas en minder ondersteunende wetgewing was nodig om amptenare by te staan. Vir 'n 
staatsamptenaar moet die nuwe taalklousule waarskynlik 'n nagmerrie wees om toe te pas, wat nog om dit te verstaan!

In die lig van hierdie probleem stel Du Plessis & Pretorius (1998) 'n raamwerk voor om 'n greep te kry op die Taalklousule en wat as 
vertrekpunt kan dien by die skryf van norme en standaarde. Volgens hulle bevat die Taalklousule 'n drieledige inherente struktuur, wat soos 
volg opgesom kan word: Deklarasie (wattter tale as amptelik geag word en dus vir amptelike doeleindes, d.i. binne die staatsadministrasie, 
onderwys en regswese, aangewend MOET word). Normatiewe riglyne (wat 'n taalreguleringsbeginsel bevat wat bepaal wat die staat omtrent 
hierdie amptelike tale moet doen en met hoeveel van die amptelike tale dit gedoen moet word). Beperkende faktore (wat die staat help om die 
normatiewe riglyne toe te pas, byvoorbeeld om by die minimum vereiste van TWEE amptelike tale uit te kom en die beginsels van gelykheid van 
aansien en billike hantering te kan toepas).

Hierdie drie komponente verteenwoordig 'n hirargiese orde, met ander woorde die beperkende faktore kan nie normatief aangewend word nie, 
maar bloot ter ondersteuning van die toepassing van die norme. Die betrokke skrywers vermoed dat die omgekeerde juis meestal in die praktyk 
voorkom, met ander woorde dat staatsamptenare by gebrek aan duidelike riglyne hieromtrent die beperkende faktore (gebruik, doenlikheid, 
koste ensovoorts) tot norme verhef. Daarom hoor 'n mens so dikwels die argument dat Engels "om praktiese redes" gebruik word en ander 
amptelike tale (natuurlik meestal Afrikaans) sodoende in die slag bly.

Dit is dus in die belang van veeltaligheid en uiteindelik van die demokrasie in Suid-Afrika dat daar in die volgende vyf jaar taalwetgewing 
tot stand gebring word wat sal verseker dat die beginsels van die Taalklousule toegepas word, soos wat dit bedoel was. Ofskoon dit die 
staat se verantwoordelikheid is om hierdie wetgewing deur te voer, is dit die demokratiese plig van taalgemeenskappe en taalbewuste 
individue om deur middel van vriendelike maar effektiewe druk te verseker dat hierdie dinge realiseer. Dan kry ons die taalbestel ook 
uiteindelik suksesvol getransformeer!

* Die DKKWT hou 'n volledige databasis by oor taalwetgewing wat ook na sekondre taalwetgewing verwys (vgl. DACST 1999c)

Verwysings

* DACST 1996. Towards a national language plan for South Africa. Final report of the Language Plan Task Group (LANGTAG). Pretoria: 
Department of Arts, Culture, Science and Technology (DACST).
* DACST 1998. Annual report. Pretoria: Department of Arts, Culture, Science and Technology (DACST).
* DACST 1999a. Draft White Paper on Language. Pretoria: Department of Arts, Culture, Science and Technology (DACST).
* DACST 1999b. Language Plan for South Africa. The Promotion and Implementation of Multilingualism. Pretoria: Department of Arts, Culture, 
Science and Technology (DACST).
* DACST 1999c. Database on South African legislations (acts) containing references to language. Pretoria: Department of Arts, Culture, 
Science and Technology (DACST).
* Du Plessis, L.T. & J.L. Pretorius. 1998. The structure of the official language clause. A framework for its implementation. SA Public Law 
(ter perse).
* HSRC 1998. Commission for the promotion and protection of the rights of cultural, religious and linguistic communities. An integrated 
discussion document. Prepared for the Departement of Constitutional Development. Pretoria: Human Sciences Research Council (HSRC).
* PANSALB 1999. Annual report. Pretoria: Pan South African Language Board (PANSALB) Dr. Theo du Plessis is Direkteur van die Eenheid vir 
Taalfasilitering en -bemagtiging aan die Vrystaatse Universiteit. E-posadres: fgtlw@rs.uovs.ac.za       Ons sou kon bevind dat die regering 
waarskynlik nie sy mandaat rondom taal na behore nakom nie.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6415.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

